Connection Impact

Author name: Lian Smit

JY IS VIR MY SOOS N “EILAND”…

Eilandkommunikasie Die een ding wat diskonneksie by paartjies bring op ‘n baie gereelde basis, is die feit dat hulle mekaar nie hoor nie. Dit is asof die woorde tussen die twee persone op ‘n wonderbaarlike manier verander en baie keer skoon ander betekenis kry. As paartjies nie weet hoe om hierdie probleem- of laat ek eerder sê -uitdaging aan te spreek nie, dan kan so ‘n paartjie al verder van mekaar af dryf. Hoe gemaak? Die probleem kom baie keer in by die hele konsep van EEN. As ons die dag trou dan is ons bewus daarvan dat ons een raak. Die konsep van een is egter iets wat baie abstrak is en eintlik is dit ‘n uiters bedreigende nommer, want as ek een word met iemand anders, beteken dit dat daar dinge prysgegee moet word. Dit is soos die grappie wat die ou dominee vertel het waar hy gesê het: “Ja, ‘n huwelikspaartjie word een, en dan baklei hulle ‘n leeftyd lank oor watter een van die twee word hulle.” Dit klink na ‘n grappie en ons kan lekker daaroor lag, maar ongelukkig is dit ook die waarheid in baie huishoudings. Harville en Helen Hendricks wat die hele Imago konsep begin het, het egter aangedui dat ons word een, maar ons bly nooit op dieselfde eiland nie. Daar is egter ‘n bruggie wat die twee eilande verbind. So as my maat vir my sê dat hy of sy met my oor iets wil praat, dan stap ek oor die bruggie na sy of haar eiland toe. Dit is egter belangrik om te sê dat my en my maat se eilande heeltemal verskil. Op my eiland staan die palmbome in rye en die kokosneute val in hope. En dit werk vir my. Op my vrou se eiland staan die palmbome waar hulle wil en die kokosneute val waar hulle wil en so nou en dan is daar ook ‘n kokosneut of twee met vlerkies aan. Die uiteinde is dat ons twee eilande 100% verskil. Die gevolg hiervan is dat as my maat my versoek om oor te kom na haar eiland toe, dat ek heeltamal verward voel as ek daar kom. Die plek stres my heeltemal uit. Ek voel ongemaklik daar en wat ek sien maak net geensins vir my sin nie. My “default” is nou om terwyl sy met my praat haar palmbome in rye te begin plant en haar kokosneute in hope te begin stapel. Ek doen dit met die beste intensie in die wêreld, want volgens my is ek besig om haar te help en haar realiteit of eiland ‘n beter plek te maak. Sy ervaar egter niks van dit nie. Haar ervaring is dat ek met ‘n staatsgreep besig is. Sy voel al die volgende: onveilig, dat ek nie luister nie, dat ek nie waarde heg aan wat sy sê nie en op die lange duur, as ek met hierdie manier van optrede teenoor haar aanhou, sal sy ervaar dat sy nie vir my waarde het nie. Ek is dus ‘n bedreiging vir haar en die natuurlike reaksie van enige persoon wat bedreig word is om te verdedig. Dit kan aanval of onttrekking beteken, of in sommige gevalle beide. Die gevolg is egter dat my vrou op haar eiland mure en loopgrawe bou om haarself te beskerm. Ek is ‘n gevaar vir haar, want ek respekteer haar realiteit en eiland glad nie. Daar moet nou net gesê word dat as ek vir my maat oornooi na my eiland, dan gebeur dieselfde aan my kant. Die gevolg hiervan is dus dat paartjies net eenvoudig uit mekaar dryf, die see tussen die eilande word baie onstuimig en hulle voel glad nie meer veilig om oor die brug te stap na mekaar toe nie. Dan sit ‘n mens met ‘n situasie waar twee mense uiters alleen kan wees in ‘n huwelik. Daar moet ‘n manier wees hoe hierdie eilande tot ‘n paartjie se voordeel kan werk. Die eerste is om die ou Grieke se standpunt te verstaan in vergelyking met die Jode sin. Die ou Grieke het gesê: “To have knowledge is to have power”, met ander woorde as ek iets van jou weet of iets nuuts van jou uitvind, dan kan ek dit teen jou gebruik of jou manipuleer tot my eie voordeel. Die Jode het egter gesê: “To have knowledge is to stand in awe”. Wees dus net in verwondering van die nuwe wat jy uitvind of leer. Die geheim is dus om jou eie eiland en verstaan van die lewe op jou eie eiland te los as jou maat jou oornooi na syne of hare toe. As jy daar kom moet jy net in verwondering wees oor hoe anders die plek is. As ons in verwondering oor dinge is sal ons ook vrae vrae oor hoe dinge werk. Die belangrike is dat dit nie in hierdie porses gaan oor om saam te stem nie, maar om jou maat se realiteit of eiland beter te kan verstaan. Dus vra jy vrae oor wat jou maat aan jou kommunikeer, maak seker dat jy nie jou eie opinie en opmerkings saam met jou neem nie. Moet nie tussen die lyne begin lees nie. Maak seker dat jy jou maat reg hoor deur te vra: “Hoor ek jou reg, is dit wat jy vir my sê?” Dan ook: “Vertel my meer van wat jy sê.” Die belangrike is dat as jy op jou maat se eiland is, dan is dit wat daar aangaan aan die orde van die dag en stuur dit die gesprek. Soos wat jou maat dinge sê of dinge kwytraak wat jy nie verstaan nie, vra jy hom of haar om dit beter aan jou te verduidelik, sodat jy beter kan verstaan, nie om dit later teen jou maat te gebruik nie. As hierdie proses gevolg word, sal huweliksmaats voel dat hulle eie werklikheid en realiteit waarde toevoeg tot die verhouding. Maats sal ook bereid wees om die onderwerpe wat bespreek word baie dieper uit te

JY IS VIR MY SOOS N “EILAND”… Read More »

DIE HUWELIKS PAD EN DIE AANWYSERS NA N GELUKKIGE EINDE

Die huwelik moet ‘n pad aanwys. In ons bediening met huwelike het ons besef dat die Here ander huwelike gebruik om mense na Hom toe te trek. Daarom is dit ook vir ons belangrik om te sê dat ‘n huwelik ‘n voorbeeld kan en moet wees vir ander. Hoekom dan spesifiek die Huwelik? Die rede hoekom die Vader huwelike op aarde gegee het, is omdat dit ‘n spesifieke rigting vir ons moet aandui. Huwelike moet die pad aanwys na die huwelik wat gaan plaasvind as die Ruiter op die wit perd Sy verskyning maak op die wolke. Ons moet besef dat Jesus terugkom vir ‘n rein en vlekkelose Bruid. Hy kom om ‘n huwelik met ons te begin.Die wêreld wil mense egter oortuig dat die instelling van die huwelik oud-modies enonnodig is. Dit is die strategie van die Bose om mense so ver te kry om nie meer te glo in die Bruilof wat gaan kom aan die einde van tyd nie. Satan wil hê dat die waarheid en die egtheid van die Hemelse Bruilofsfees herskryf moet word as ‘n sprokie wat langs Rooikappie en die Wolf verskyn in die sprokiesboeke wat ons vir ons kinders lees. Ons huwelike moet egter die toonbeeld, die voorbeeld bly, wat mense se geloof in daardie Bruilof hou. Die manier hoe dit gaan gebeur is as ons ons huwelike gaan lei en lewe op so ‘n manier dat mense daardeur aangeraak sal wees en hulle huwelike op dieselfde manier sal wil uitleef. Besef vandag dat ons huwelike ‘n getuienis moet wees van dit wat kom. Dit is baie keer die enigste Bybel wat mense lees. Ons moet ons huwelike so leef dat Vader deur die Heilige Gees dit kan gebruik om mense na Hom toe te trek en dat Sy Koninkryk deur ons huweliksverhoudings gebou sal word. Wees bewus daarvan dat Vader ook vir ons as paartjies die geleentheid gee om hierdie huweliksverbond te gebruik as kleedrepetisie vir die groot en finale huwelik wat kom aan die einde van tyd. Dit is hoe genadig die Here is. Hy gee ons nou al ‘n voorsmakie van wat ons eendag gaan beleef en ervaar as die bruid van die Bruidegom van alle tye. Die vraag wat nou egter ontstaan is hoe kry ons dit reg? Die sigbare en konkrete om ons is vir ons soms meer werklik as die onsigbare, geestelike wêreld. Ons moet dus waak om ons fokus nie op die tydelike en sigbare te vestig nie. Die beste voorbeeld om hier na te volg is om te kyk na ons Hemelse Bruidegom. Daar is ‘n paar punte van Sy lewe wat ons graag sal wil uitlig. Die eerste beginsel is om Sy Vader eerste te stel, in alles. Laat die Here eerste wees in alles wat ons doen. Soek Hom elke dag. Jesus het vroeg in die oggende opgestaan en tyd met Sy Vader spandeer. Hy het daar instruksies gekry vir die dag wat voorlê. As gevolg van die tyd wat Hy by Sy Vader spandeer het, as gevolg van die instruksies wat Hy vroeër die dag gekry het, kon Hy wonderwerke verrig. As ons tyd by Hom gaan spandeer, sal Hy ons harte eerstens gerig hou op Hom en dit sal ons weer gefokus hou op mekaar se harte. As ons Hom eerste stel sal ons mekaar eerste stel. Hy sal ons ook dan die vermoë gee om wonderwerke te verrig in mekaar en ander se lewens. Die verdere gevolg is dat ons die beloftes van Sy hart vir ons sal leer ken en deel van ons lewens kan maak. In die Joodse huwelikseremonie het die jong man, nadat hulle verloof geraak het, weggegaan na sy Pa se huis om vir hom en sy vrou ‘n huis te bou. Hy het vir haar sy beloftes gelos. Dit is die Kethuba genoem. Terwyl sy vir hom gewag het, het sy hierdie beloftes gememoriseer en deel van haar lewe gemaak. Ons bruidegom het vir ons die Bybel gelos, ons Kethuba, om dit te lees en deel van ons lewens te maak. Hy gee vir ons ook die geleentheid om hierdie beginsels te beoefen en uit te leef in ons aardse huwelike, sodat ons met soveel meer vreugde, selfvertroue en vrymoedigheid sal kan inpas in ons Hemelse huwelik. Hierdie hele proses skep hoop en verwagting, nie net vir ons nie, maar ook vir ander mense en hul huwelike. Die tweede beginsel van Jesus se lewe wat ons wil uitlig is dat Hy na mense geluister het en hulle behoeftes raakgesien het, selfs daardie behoeftes wat hulle nie in woorde omgesit het nie. Hy het tyd gemaak vir sy bruid. Ons moet ons harte, ore en oë oop maak vir mekaar. Ons moet gefokus wees op die behoeftes van ons maats en dit aanspreek deur hulle te ontmoet op die plek waar die behoefte lê. Kies Tyd Wees altyd bewus daarvan dat een van Satan se oudste strategieë is om ons so besig te hou dat ons mekaar nie meer raaksien nie en dan ook nie meer mekaar se behoeftes sal kan aanspreek nie. Kies om tyd te maak. Sit tyd uit vir mekaar. Ons moet daardie tyd aanteken in ons dagboeke. As ons praat, moet ons by mekaar gaan sit, mekaar in die oë kyk en maak seker dat ons mekaar se harte raak sien en hoor. So sal ons mekaar ontmoet in mekaar se behoeftes en ook daardie behoeftes direk kan aanspreek. Die derde beginsel van Jesus se lewe was dat Hy veiligheid vir Sy bruid geskep het. Mense het nie oordeel, kritiek of vernedering by Hom ervaar nie. Hulle kon net hulself wéés by Hom. Hierdie houding van Jesus het mense uiters veilig by Hom laat voel. Veiligheid en Beskerming Daar moet altyd veiligheid tussen ons as huweliksmaats wees. Ons moet mekaar ontvang en aanvaar net soos ons is. Ons moet nie voorwaardes vir mekaar stel nie. Ons moet daardie ruimte skep in ons verhouding waar ons met enige iets na mekaar toe

DIE HUWELIKS PAD EN DIE AANWYSERS NA N GELUKKIGE EINDE Read More »

BEGIN ’N WONDERLIKE KRINGLOOP IN JOU HUWELIK!

Liefde en respek is twee uiters belangrike boustene van ’n huwelik met ’n sterk fondasie. ’n Vrou se grootste behoefte is liefde, terwyl ’n man s’n respek is. En ja, jy wil jou man respekteer, maar hóé doen jy dit op ’n praktiese vlak? ” Delf ’n bietjie dieper en die konsep van respek word al duideliker…” Soos wat ’n mens ouer word en jou konsep van respek ontwikkel, verander jou begrip en uitbeelding van respek…maar word daar gepraat van respek in die huwelik, wonder baie mense wat hierdie abstrakte begrip nou eintlik in die praktyk beteken. Soek jy die betekenis van “respek”, kom dit neer op die volgende: Om ’n diep bewondering te toon vir iemand se vermoëns of prestasies en om iemand se gevoelens, regte en wense op ’n dieper vlak in ag te neem. Delf ’n bietjie dieper en die konsep van respek word al duideliker… 1. Sê: “As jy dink die skildery moet daardie hoogte hang, glo ek dit moet.” Ja, jou man is maar net ’n mens en ook hý kan dom foute maak en die verkeerde besluite neem, maar dink ’n bietjie hoe gereeld jy hulle uitwys! Bevraagteken jy elke dekor-besluit wat hy in die huis neem, omdat jy voel jý is die kenner op hierdie gebied? Jou man wens waarskynlik jy het sy oordeel nie so gereeld in twyfel getrek nie. Stel jou die volgende voor: By die werk is hy ’n hot shot. Almal hang aan sy lippe omdat hy so briljant is en kom vra sy mening oor die nuutste projek. Ná ’n adrenaliengevulde werksdag kom hy by die huis en moet hy met die intrapslag hoor: “Hierdie trappie – waarop jy áángedring het toe ons gebou het – ek val nog elke dag oor hierdie vervlakste trap! Doen tog net iets hieraan.” Sy eerste behoefte gaan wees om ’n U-draai te maak terug werk toe, waar sy menings en besluite gerespekteer word en niemand bevele uitblaf nie, maar almal eerder na sy pype dans. 2. Sê: “Ek weet jy kan ons veilig en betyds by die funksie kry.” Jy kan nie verstaan hoekom hy ure lank sukkel om die nuwe klankstelsel te installeer nie en jy wil met alle mag die handleiding onder sy neus druk! Groot fout…want al wat manlief “lees” wanneer jy dit doen, is jou wantroue in sy vermoëns. “As sy nie eers dink ek kan ’n simpel klankstelsel installeer nie, glo sy seker ek kan ons onmoontlik uit hierdie finansiële ramp kry!” dink hy. Hy wil dit sélf uitwerk, só al neem dit hom ure om dit te doen, los hom uit. 3. Sê: “Ek wéét jy gaan die bevordering kry – jou baas besef hoe waardevol jy is.” Een besliste arena waarin ons vroue fouteer, is deur ons misnoeë uit te spreek. Deur kritiek te lewer… en ’n man se ego met een vokale vuishou die grond te laat tref! Jou woorde (of tekort daaraan) is vir jou man belangriker as wat jy dink. En al dink jy jou man se sensitiwiteitsvlakke kort werk, kan jy maar seker wees dat die meeste mans baie goed tussen die lyne kan lees. Luister dus volgende keer na jou stemtoon. Sarkasme gaan julle nie ver bring nie. Jy kan in woorde sê wat jy wil – as jou lyftaal nie hiermee ooreenstem nie, gaan jy manlief nie oortuig dat jy hom respekteer nie. 4. Sê: “Ek weet ek kla eintlik met ’n witbrood onder die arm. Ek kon nie vir ’n beter man gevra het nie.” Wat bespreek jy en die girls wanneer die manne by die vuur staan? Hulle boepense wat veg om die Tamaai-titel? Hul dom foute? Hul irriterende gewoontes? Hoe jy jou man in die openbaar respekteer, speel ’n baie belangrike rol in jou huwelik. En ja, dit is soms moeilik om nie deur die wag-tot-julle-hoor-wat-vang-mý-man-aan kompetisie meegesleur te word nie. Voor jy jou oë uitvee, is jy besig om “in liefde” of “doodonskuldig” oor jou man te kla of sy swak punte uit te wys. En ja, hy staan dalk eenkant tussen sy pelle, salig onbewus van jou dislojaliteit, maar daar is min dinge só disrespekvol teenoor jou man as om in die openbaar negatiewe kommentaar oor hom kwyt te raak. 5. Sê: “Ek weet nie presies hoekom jy dit doen nie, maar ek vertrou dat jou bedoelings goed is.” Ons maak te maklik aannames. “Ja, hy het nou weer vanoggend nie melk gebring soos ek gevra het nie omdat hy aan my ’n punt wil bewys / nie omgee wat vir my belangrik is nie / aangeneem het dat ek dit sal doen.” Miskien het hy nie melk gebring nie omdat hy, reeds by die teller, ontdek het dat hy sy beursie by die huis vergeet het / gesien het die melk is oud en eerder later iewers anders varser melk wil kry. Ja, aannames kom maklik en dit veroorsaak misverstande. As jy weereens die slegste van jou man verwag en jou eie aannames maak, interpreteer hy dat jy hom nie vertrou nie en dit is vir geen man lekker nie. Natuurlik beteken hierdie wenke nie dat manlief nié gaan foute maak nie. Ook nie dat hy jou nóóit gaan teleurstel nie. Maar dit beteken dat jy aan jou man gaan bied wat hy die nodigste het van jou – respek. En hoe meer respek hy van jou af kry, hoe meer liefde gaan hy vir jou gee en hoe makliker gaan dit vir jou word om hom te respekteer. Sien? Só begin jy ’n wonderlike kringloop in jou huwelik . . . Artikel deur Annelize Steyn – geïnspireer deur The Five Respect Needs of Men deur Shaunti Feldhahn (imom.com).

BEGIN ’N WONDERLIKE KRINGLOOP IN JOU HUWELIK! Read More »

Scroll to Top