Connection Impact

DIE HUWELIKS PAD EN DIE AANWYSERS NA N GELUKKIGE EINDE

Die huwelik moet ‘n pad aanwys.

In ons bediening met huwelike het ons besef dat die Here ander huwelike gebruik

om mense na Hom toe te trek. Daarom is dit ook vir ons belangrik om te sê dat ‘n

huwelik ‘n voorbeeld kan en moet wees vir ander.

Hoekom dan spesifiek die Huwelik?

Die rede hoekom die Vader huwelike op aarde gegee het, is omdat dit ‘n spesifieke

rigting vir ons moet aandui. Huwelike moet die pad aanwys na die huwelik wat gaan

plaasvind as die Ruiter op die wit perd Sy verskyning maak op die wolke.

Ons moet besef dat Jesus terugkom vir ‘n rein en vlekkelose Bruid. Hy kom om ‘n

huwelik met ons te begin.Die wêreld wil mense egter oortuig dat die instelling van die huwelik oud-modies enonnodig is. Dit is die strategie van die Bose om mense so ver te kry om nie meer te glo in die Bruilof wat gaan kom aan die einde van tyd nie. Satan wil hê dat die waarheid en die egtheid van die Hemelse Bruilofsfees herskryf moet word as ‘n

sprokie wat langs Rooikappie en die Wolf verskyn in die sprokiesboeke wat ons vir

ons kinders lees.

Ons huwelike moet egter die toonbeeld, die voorbeeld bly, wat mense se geloof in

daardie Bruilof hou. Die manier hoe dit gaan gebeur is as ons ons huwelike gaan lei

en lewe op so ‘n manier dat mense daardeur aangeraak sal wees en hulle huwelike

op dieselfde manier sal wil uitleef. Besef vandag dat ons huwelike ‘n getuienis moet

wees van dit wat kom. Dit is baie keer die enigste Bybel wat mense lees. Ons moet

ons huwelike so leef dat Vader deur die Heilige Gees dit kan gebruik om mense na

Hom toe te trek en dat Sy Koninkryk deur ons huweliksverhoudings gebou sal word.

Wees bewus daarvan dat Vader ook vir ons as paartjies die geleentheid gee om

hierdie huweliksverbond te gebruik as kleedrepetisie vir die groot en finale huwelik

wat kom aan die einde van tyd.

Dit is hoe genadig die Here is. Hy gee ons nou al ‘n voorsmakie van wat ons eendag

gaan beleef en ervaar as die bruid van die Bruidegom van alle tye.

Die vraag wat nou egter ontstaan is hoe kry ons dit reg? Die sigbare en konkrete om

ons is vir ons soms meer werklik as die onsigbare, geestelike wêreld. Ons moet dus

waak om ons fokus nie op die tydelike en sigbare te vestig nie.

Die beste voorbeeld om hier na te volg is om te kyk na ons Hemelse Bruidegom.

Daar is ‘n paar punte van Sy lewe wat ons graag sal wil uitlig.

Die eerste beginsel is om Sy Vader eerste te stel, in alles.

Laat die Here eerste wees in alles wat ons doen. Soek Hom elke dag. Jesus het vroeg

in die oggende opgestaan en tyd met Sy Vader spandeer. Hy het daar instruksies

gekry vir die dag wat voorlê. As gevolg van die tyd wat Hy by Sy Vader spandeer het,

as gevolg van die instruksies wat Hy vroeër die dag gekry het, kon Hy wonderwerke

verrig. As ons tyd by Hom gaan spandeer, sal Hy ons harte eerstens gerig hou op Hom en dit

sal ons weer gefokus hou op mekaar se harte. As ons Hom eerste stel sal ons

mekaar eerste stel. Hy sal ons ook dan die vermoë gee om wonderwerke te verrig in

mekaar en ander se lewens. Die verdere gevolg is dat ons die beloftes van Sy hart vir ons sal leer ken en deel van ons lewens kan maak. In die Joodse huwelikseremonie het die jong man, nadat hulle verloof geraak het, weggegaan na sy Pa se huis om vir hom en sy vrou ‘n huis te bou. Hy het vir haar sy beloftes gelos. Dit is die Kethuba genoem. Terwyl sy vir hom gewag het, het sy hierdie beloftes gememoriseer en deel van haar lewe gemaak.

Ons bruidegom het vir ons die Bybel gelos, ons Kethuba, om dit te lees en deel van

ons lewens te maak. Hy gee vir ons ook die geleentheid om hierdie beginsels te

beoefen en uit te leef in ons aardse huwelike, sodat ons met soveel meer vreugde,

selfvertroue en vrymoedigheid sal kan inpas in ons Hemelse huwelik.

Hierdie hele proses skep hoop en verwagting, nie net vir ons nie, maar ook vir ander

mense en hul huwelike.

Die tweede beginsel van Jesus se lewe wat ons wil uitlig is dat Hy na mense geluister het en hulle behoeftes raakgesien het, selfs daardie behoeftes wat hulle

nie in woorde omgesit het nie.

Hy het tyd gemaak vir sy bruid. Ons moet ons harte, ore en oë oop maak vir mekaar. Ons moet gefokus wees op die behoeftes van ons maats en dit aanspreek deur hulle te ontmoet op die plek waar die behoefte lê.

Kies Tyd

Wees altyd bewus daarvan dat een van Satan se oudste strategieë is om ons so besig

te hou dat ons mekaar nie meer raaksien nie en dan ook nie meer mekaar se

behoeftes sal kan aanspreek nie. Kies om tyd te maak. Sit tyd uit vir mekaar. Ons moet daardie tyd aanteken in ons dagboeke. As ons praat, moet ons by mekaar gaan sit, mekaar in die oë kyk en maak seker dat ons mekaar se harte raak sien en hoor. So sal ons mekaar ontmoet in mekaar se behoeftes en ook daardie behoeftes direk kan aanspreek.

Die derde beginsel van Jesus se lewe was dat Hy veiligheid vir Sy bruid geskep het.

Mense het nie oordeel, kritiek of vernedering by Hom ervaar nie. Hulle kon net

hulself wéés by Hom. Hierdie houding van Jesus het mense uiters veilig by Hom laat

voel.

Veiligheid en Beskerming

Daar moet altyd veiligheid tussen ons as huweliksmaats wees. Ons moet mekaar

ontvang en aanvaar net soos ons is. Ons moet nie voorwaardes vir mekaar stel nie.

Ons moet daardie ruimte skep in ons verhouding waar ons met enige iets na

mekaar toe kan kom. Ons arms moet die plek wees waarheen ons maats wil kom om

beskerming en veiligheid te ervaar. Hierdie spasie van veiligheid en beskerming sal meebring dat ons oor enige iets kan praat en altyd ore, oë en harte vir mekaar sal hê. Ons maat se naam en eer moet altyd veilig by ons wees, as hulle in ons teenwoordigheid is en ook op die tye wanneer ons nie by mekaar is nie. Moet nooit veiligheid as vanselfsprekend aanvaar nie. Werk daaraan.

Die laaste beginsel van Jesus se lewe waarmee Hy sy bruid bedien het was die

beginsel van vergifnis.

Al die beginsels wat ons reeds genoem het sal nie uitgeleef kan word tensy dit nie

vir vergifnis is nie. Moet niks teen mekaar hou nie. Sluit elke dag af met vergifnis in jou hart vir jou maat.

Vergewensgesindheid is soos n beskermende vuur

Onvergewenisgesindheid maak die deur oop vir die Bose om sy saad te kom saai in

ons verhoudings, terwyl vergifnis daardie deure toe hou en veroorsaak dat geen

bose en onvrugbare saad gesaai kan word nie. Vergifnis skep egter wel een DEUR en dit is die deur waardeur ons Hemelse Bruidegom kan inkom en by ons ‘n feesmaal hou. Ons moet weer by Sy voete gaan sit en dan sal ons sien dat die beginsels soos hierbo bespreek almal saam begin werk en dan lyk dit as volg:

1. Stel God eerste

As ons dit doen, dan sal ons luister na mekaar en tyd maak vir mekaar, wat gaan

veroorsaak dat ons mekaar se harte sal raaksien en mekaar se behoeftes sal kan

aanspreek. Dit sal weer lei daartoe dat ons veilig en beskermd sal voel in mekaar se

teenwoordigheid. Die vrug hiervan is dat vergifnis ‘n spontane proses sal wees in

ons verhoudings. Hierdie is ‘n huwelik wat sal gloei van Sy teenwoordigheid en wat mense sal wys na die Bruidegom van alle tye en hoop sal vestig in die huwelik wat kom.

Ons glo egter dat ons onsself gereeld moet herinner aan die feit dat Jesus deel van

hierdie verhouding wil wees en dat soos wat Hy ons kies, ons Hom en mekaar daagliks sal kies.

2. Nagmaal

Daar is een praktiese manier wat ons wil gee om gereeld te gebruik om die keuse en

die Here se teenwoordigheid in ons huwelike gereeld te vier. Dit is die nagmaal.

Baie mense is onbewus daarvan dat die nagmaal vir die dissipels ‘n teken was dat

Jesus met hulle in ‘n huweliksverhouding wou intree.

Om dit te verduidelik moet ons na ‘n gedeelte van die Joodse huwelikseremonie

verwys. As ‘n jong Joodse man trououderdom bereik het, het sy familie vir hom ‘n vrou

gekies. Die twee Pa’s het dan ooreengekom op ‘n bruidsprys. Die jongman se pa het

dan ‘n beker wyn gegooi en dit aan sy seun gegee. Sy seun het dan na meisie gedraai

en die beker opgelig en aan haar uitgehou en die volgende gesê:

“Hierdie beker is ‘n

nuwe verbond in my bloed wat ek jou bied” – “Ek is lief vir jou en ek gee jou my lewe

… sal jy met my trou?”

Dit is dan die jong meisie se keuse of sy die beker wil aanvaar. Indien sy dit aanvaar

dan sê sy:

“Ek aanvaar jou aanbod en ek gee jou my lewe en liefde.”

Tydens die laaste pasga wat Jesus saam met Sy dissipels gevier het, was Sy dissipels

baie bewus van wat aan die gang was rondom die tafel. Hulle het besef dat Jesus ‘n

huweliksbeker na hulle uithou. Dit was hulle keuse om dit te kies en indien hulle dit

sou doen, sou hulle in ‘n huweliksverhouding met hom instap. Hulle sou van nou af

‘n lewe moes lei wat vir mense moes wys dat hulle in ‘n huweliksverhouding is.

Daarom dat die Jesus vir hulle gesê het om die nagmaal gereeld te vier om hulle te

herinner aan die verhouding en dat dit ‘n huweliksverhouding is en dat hy gaan

terugkom vir ‘n vlekkelose bruid wat Sy Kethuba ken.

Sien die seun het weggegaan en ‘n plek vir hom en sy bruid gaan voorberei by sy Pa

se huis en as Sy pa tevrede was met die bouwerk, dan het hy sy bruid gaan haal.

Jesus het gesê dat Hy weggaan om vir ons ‘n plek te gaan voorberei en as Hy klaar is

daarmee, dan kon Hy om ons te kom haal as Sy bruid. Ons moet dus die nagmaal gereeld vier om ons te herinner daaraan dat ons ‘n bruid is vir die Bruidegom van alle tye en ook om ons te herinner daaraan dat ons mekaar gekies het om hierdie huweliksverhouding te gebruik om onsself en ook ander te rig op die Bruilof wat kom.

Hierdie herinner ons aan ‘n storie wat ons op die internet raakgelees het. Dit gaan as

volg:

“As I faced my Maker at the last Judgment, I knelt before the Lord along with the

other souls. Before each of us laid our lives, like the squares of a quilt, in many piles.

An Angel sat before each of us sewing our quilt squares together into a tapestry that

was our life. But as my Angel took each piece of cloth off the pile, I noticed how ragged and empty each of my squares were. They were filled with giant holes! Each square was

labelled with a part of my life that had been difficult, the challenges and temptations

I was faced with in everyday life. I saw hardships that I had endured, (which were

the largest holes of all). I glanced around me.

Nobody else had such squares. Others had a tiny hole here and there, other tapestries were filled with rich colour and the bright hues of worldly fortune. I gazed upon my own life and was disheartened. My Angel was sewing the ragged pieces of cloth together, threadbare and empty, like binding air. Finally, the time came when each life was to be displayed, held up to the light and the scrutiny of truth. The others rose each in turn, holding up their tapestries. So filled their lives had been. My Angel looked upon me and nodded for me to rise. My gaze dropped to the ground in shame. I hadn’t had all the earthly fortunes. I had love in my life and laughter. But there had also been trials of illness, death, and false accusations that took from me my world as I knew it. I had to start over many times. I often struggled with the temptation to quit, only to somehow muster the strength to pick up and

begin again. I had spent many nights on my knees in prayer, asking for help and

guidance in my life. I had often been held up to ridicule, which I endured painfully;

each time offering it up to the Father, in hopes that I would not melt within my skin

beneath the judgmental gaze of those who unfairly judged me.

And now, I had to face the truth.

My life was what it was, and I had to accept it for what it had been. I rose and slowly lifted the combined squares of my life to the light. An awe-filled gasp filled the air. I gazed around at the others who stared at me with eyes wide. Then, I looked upon the tapestry before me. Light flooded through the many holes, creating an image.

The face of Christ. Then our Lord stood before me, with warmth and love in His eyes. He said,

‘Every time you gave over your life to Me, it became My life, My hardships, and My

struggles. Each point of light in your life is when you stepped aside and let Me shine

through, until there was more of Me than there was of you…Welcome Home My

Child’

Ons bid dat ons huwelike ‘n tapeserie sal wees wat die gesig en dade van ons

hemelse Bruidegom sal weerspieël, heel eerste vir mekaar, dan vir ons kinders en

dan vir ‘n wêreld wat daardie hoop nodig het.

Kobus en Linda Pauw

Scroll to Top